ISBN: 9780639605135 | Published: August 12, 2020 | Paperback
Die dooies praat nie
Die dooies praat nie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Thys weet wat gebeur wanneer hy betrokke raak ... Mense kry seer en gaan dood
Tydens 'n swaar reënbui stop Thys Krige by 'n Mini Cooper wat in 'n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om 'n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Hy het seker nie meer as 'n uur met haar te doen gehad het nie. Toe gebeur dit: Geweld kom na hom toe. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak? Die dokument vra die jeug om by die “final struggle” aan te sluit en hulself só te bevry en te bemagtig. Daar word van opstand en gewapende mobilisasie gepraat, 'n tweede Marikana. Hy kan seker onbetrokke bly wat die dokument betref, maar nie wat Nandia betref nie. Dit gaan oor verantwoordelikheid; hy moes haar beskerm het. By Petro wil hy weer veels te graag betrokke raak. Waar trek hy die lyn? Want Thys weet waarop dinge uitloop wanneer hy betrokke raak ... Mense kry seer en gaan dood.
Hierdie is die sesde titel in die Thys Krige-reeks. Die vorige titel was Brand.
Author Peet Venter
Share
