Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639605234 | Published: August 25, 2020 | Paperback

Toekomsmens

Toekomsmens

Author:Isa Konrad
Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in 'n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid-Afrika deur die Toekomsparty en 'n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as 'n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer 'n militêre observasiesatelliet 'n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In-Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in 'n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In-Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, 'n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Hierdie is 'n sterk spekulatiewe roman, ideaal vir aanhangers van Margaret Atwood se Oryx and Crake en The Handmaid's Tale. Dit lewer ook sterk ekologiese en sosiale kommentaar.

Author Isa Konrad

View full details