Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639605654 | Published: October 28, 2020 | Paperback

Oor en weer

Oor en weer

Author:Trisa Hugo
Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my ...
Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op 'n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde 'n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.

Hierdie is 'n debuut deur twee skrywers wat met insig en deernis skryf oor vriendskap, buurmanskap en liefde. Die boek werp 'n blik op die patriargale stelsel van Irak en die impak wat dit op vroue het. Fisiese- en emosionele mishandeling en manlike dominansie is ook belangrike temas.

Author Trisa Hugo

Author Analize Viljoen

View full details