Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639605678 | Published: October 28, 2020 | Paperback

Stom Gode

Stom Gode

Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die gode in Afrika is stom. En lui.
So byna is kolonel Aella O'Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by 'n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van 'n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van 'n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Stom gode is die laaste titel in die Gode-reeks, en word voorafgegaan deur Dowe gode en Blinde gode. Die titels verwys na die spreekwoord 'Hear no evil, see no evil, speak no evil'. Stropery en kinderhandel is twee belangrike temas in die roman, asook die vraagstuk van emigrasie - Aella O'Malley moet besluit of sy in Afrika wil bly of emigreer na Frankryk.
Dibi Breytenbach is 'n regsgeleerde en woon in KwaZulu-Natal. Aktuele probleme as tema, haar vermoë om spanning te skep en die leser by die karakters betrokke te laat voel, verseker dat haar romans opgeraap word.

View full details