Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639605906 | Published: January 26, 2021 | Paperback

Eintlik alles

Eintlik alles

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Wat in Vegas gebeur ... What happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is? Eintlik alles is die eerste Romanza wat deur twee outeurs geskryf is: Marilé Cloete het die manuskrip voltooi nadat Ronelle Uys in 2019 oorlede is. Die boek is ’n huldeblyk aan Ronelle Uys, wat in 2015 met Sy liefdesplan gedebuteer het. Eintlik alles is ’n tradisionele plaasromanse én ’n moderne liefdesverhaal.

Author Marilé Cloete

Author Ronelle Uys

View full details