ISBN: 9780639605944 | Published: February 11, 2021 | Paperback
Stillewe
Stillewe
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die ware betekenis van la dolce vita ...
In 'n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy 'n brief van haar oupa. Dié versoek dat 'n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op 'n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos 'n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.
'n Heerlike romantiese verhaal wat terselfdertyd 'n reis deur hedendaagse talië en dié van die Tweede Wêreldoorlog is. Dit is 'n ode aan Italië - die lewenswyse, die kos, die landskap, die kuns. Kuns, in al sy vertakkings, is 'n belangrike element in die verhaal. Lesers wat Marita van der Vyver se Grensgeval geniet het, sal van Stillewe hou.
Author Marie Spruyt
Share
