ISBN: 9780639606101 | Published: February 25, 2021 | Paperback
`n Kans op vir altyd
`n Kans op vir altyd
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Haar kans op vir ewig en altyd is nou (die opvolg op 'n Huis vir altyd)
Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reël, is 'n poging om boete te doen. Die domino's begin een vir een kantel, en hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, word onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk waag?
Jonger en ouer lesers kan identifiseer met hierdie verhaal a.g.v. universele temas soos skuldgevoel, verwerping, vergifnis en buitengewone hoë standaarde waaraan vroue hulself meet. Cecilia Nortjé se werk is kontemporêr en vergelyk baie goed met internasionale vrouefiksie van skrywers soos Jennifer Scott, Anita Shreve and Jane Green.
Author Cecilia Nortjé
Share
