ISBN: 9780639606200 | Published: March 31, 2021 | Paperback
Reguit na my hart
Reguit na my hart
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die pad na haar hart is ongelyk Saranie de Wet en die padmaker, Maynard Crafford, bots oor sy nuwe bouprojek in die Roggeveld. Sy moet keer dat bedreigde plantspesies nie deur swaar masjinerie vernietig word nie; hý wil net sonder inmenging sy projek betyds voltooi. Hy hou buitendien nie van vroue soos sy nie. Al ry sy ’n Bronco. Met haar sterk onafhanklikheidsin probeer Saranie ongestoord haar werk doen. Dit irriteer haar grensloos dat die rooikop haar verskeie kere uit ongemaklike situasies moet red, onder andere ’n kitsvloed en ’n fratssneeuval. En hoekom krap dit aan haar dat die man verloof is? Reguit na my hart is ’n “groen” Romanza. Die skrywer spreek temas soos die impak van indringerplante, ontbossing en die belang van bedreigde spesies aan.
Author Nellie Alberts
Share
