ISBN: 9780639606972 | Published: April 15, 2021 | Paperback
Soos in stories
Soos in stories
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Om bibliotekaresse te wees op 'n dorpie soos Trompieshoogte is vir Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen 'n slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar liefdeslewe.
Maar dan gewaar sy 'n nuwe gesig op die dorp, al is daai gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik verslons. Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie glansryke wêreld toe?
Author Dina Botha
Author Romanza
Share
