ISBN: 9780639606996 | Published: April 15, 2021 | Paperback
Mode en motors
Mode en motors
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Nes sy op haar eie voete leer staan, kom ’n man en swiep hulle onder haar uit. Nicola Steyn droom van Londen waar sy glo haar ouers se goeie naam en sakke geld vir haar die deure na die modeindustrie sal oopmaak. Haar ouers het egter ander planne. Die kraantjie is toe. Nicola kan haar droom volg, maar sy sal dit op haar eie stoom moet deursien. Vasberade stel sy ’n begroting op sodat sy aan die werk kan spring. Darem net genoeg vir ’n woonstel huur. En dít by die aantreklike werktuigkundige wat die gebou besit. Hoekom laat Stephan hierdie bedorwe brokkie net die beste weergawe van haarself wil wees? En hoe gemaak as jou hart jou een kant toe trek, terwyl jou lewenspad anderkant toe deins? Hierdie is die opvolg op Kiekies en koffie. Boek drie van die beplande trilogie, Potlode en pinotage, verskyn in Oktober 2021.
Author Louise van der Merwe
Share
