ISBN: 9780639607054 | Published: May 18, 2021 | Paperback
Skilderkrans
Skilderkrans
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
'n Land in wording, 'n oorlog wat dreig, 'n kruispad kans-ontmoeting wat alles verander
Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is weer op pad Kolonie toe, juis om die oorlog te probeer ontglip. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, 'n ontmoeting wat 'n onherroeplike invloed op die res van Magdalena, Jacobus en Henog se lewens sal hê. Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando's, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle 'n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind.
Die boek beeld 'n pragtige vriendskap uit tussen twee mans van baie verskillende agtergronde - een wit en een swart, maar hulle word met mekaar verbind deur respek en lojaliteit. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van Magdalena ('n vrou) en Henog ('n swart man) - onderdrukte figure in die geskiedenis kry die geleentheid om hulle stories te vertel. Skilderkrans beeld die lewens van swart werkers wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het uit. Dit is 'n interessante perspektief en vertel 'n verhaal wat nie gereeld vertel word nie.
J.J. Olivier is 'n debuutskrywer en het baie navorsing oor die Anglo-Boeroorlog gedoen.
Author Joe Olivier
Share
