Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639607641 | Published: July 14, 2021 | Paperback

Liedjie vir Anine

Liedjie vir Anine

Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?
Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met 'n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, 'n joernalis, 'n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir 'n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om 'n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.
As spesiale toevoeging, word 'n QR-kode in die boek gedruk en die skakel neem lesers na 'n spesiale liedjie wat deur Heinz Winckler geskryf is. Hierdie is die derde boek in 'n reeks en volg op Ware noord en Om weer te droom.

Author Elsa Winckler

View full details