Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639706788 | Published: February 1, 2024 | Paperback

Johannes Meintjes dagboeke

Johannes Meintjes dagboeke

Author:SAAWK
Regular price R 650
Regular price R 0 Sale price R 650
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die Suid-Afrikaanse skilder Johannes Meintjes (1923-1980) was ook historikus en skrywer. Bo en behalwe artikels en kleiner werke, het hy 35 boeke gepubliseer. Sy kuns-nalatenskap bestaan uit meer as 'n duisend olieverfskilderye, etlike grafiese werke en verskeie beeldhouwerke. Meintjes se eerste dagboekinskrywing is op 13 Februarie 1941 in Dagboek Deel 1 voltooi en die laaste, Deel 12 op 5 Julie 1980, twee dae voor sy dood. Tussen hierdie twee datums getuig die dagboeke van wroegende vrae en wensdenkery oor die lewensvatbaarheid of waarde van hierdie geskrifte, maar ook oor belangstelling in hom as kunstenaar.
Al Meintjes se Dagboeke, gepubliseer en ongepubliseerd, is deurgelees en saamgevat om as 'n geheel die verhaal van Johannes Meintjes se lewe weer te gee. Die fokus is op mense wat hy ontmoet en wie (wetend of onwetend) 'n invloed op sy kuns-ontwikkeling gehad het. Van sy kommentaar oor politieke gebeure en geloofsake is kennis geneem. Te persoonlike, onsinnige of kwaadwillige opmerkings is vermy, verslae van sy uitgebreide sosiale aktiwiteite afgeskaal; maar sy seer word gedeel waar dit relevant is. Wanneer gesondheids- of finansiële probleme sy skeppingsvermoë beïnvloed, is dit ook gemeld

Author Johannes Meintjes

Author SAAWK

View full details