Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639708461 | Published: April 13, 2023 |

Hesiodos - Gode, monsters en mense

Hesiodos - Gode, monsters en mense

Author:Hesiodos
Author:SAAWK
Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die verhale van die Griekse gode en helde wat op die berg Olumpos sou gewoon het, het mense deur die eeue geboei. Met W.J. Henderson se vertaling van die skrywer Hesiodos se Oorsprong van die gode en Die skild van Herakles word hierdie mites nou ook vir Afrikaanse lesers aan die newels van die tyd ontruk: die hoofgod Zeus, die beeldskone godinne Hera en Athena, sterk helde soos Herakles en Perseus en gruwelike monsters soos die Gorgone, die Kentour en die reusehond Kerberos.
In Werke en dae, die tweede van hierdie drietal tekste, gee Hesiodos die hedendaagse leser 'n kykie op die ou Grieke se landboumetodes, die skeepvaart en handel en die gewoontes en bygelowe van meer as ses eeue voor die begin van ons jaartelling.
Hierdie drie tekste is tegelykertyd vreemd en bekend omdat die gebeure, karakters en name steeds in ons tyd opduik as verwysings in die letterkunde, jeugverhale, in handelsname en in spreekwoorde. Dit teken 'n wêreld waardeur ons eie kultuur aan diepte wen.

Author Hesiodos

Author SAAWK

View full details