ISBN: 9780639719771 | Published: November 1, 2024 |
Triomfmars en Treurlied - Musiek oor die Anglo-Boereoorlog
Triomfmars en Treurlied - Musiek oor die Anglo-Boereoorlog
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die oorspronklike bedoeling was dat hierdie bundel in 1999 sou verskyn om saam te val met die 100-jarige herdenking van die begin van die Anglo-Boereoorlog. Twintig van die beste komposisies oor die Anglo-Boereoorlog is uit die F.Z. van der Merwe- versameling van Suid-Afrikaanse musiek gekies en verklank van die belangrikste gebeure tydens die oorlog.
Tussen die pole van die triomf van die Britse magte en die neerlaag van die twee klein Boererepublieke lê ‘n hele spektrum van menslike emosies. In die musiek wat hier opgeneem is, kry ‘n klein deeltjie van die uiteenlopende stemming hul neerslag. Die werke van die Britse komponiste is meestal opruiende marse en vrolike danse. Daar is ook Nederlandstalige liedere, wat grotendeels ernstig is, soos byvoorbeeld Kruger’s Geloof en Bede. Die bundel sluit hoofsaaklik klaviersolo’s en klavierbegeleide sangsolo’s in, wat dit geredelik toeganklik vir kore en soliste maak.
Share
