ISBN: 9780639728476 | Published: January 1, 2022 | Soft Cover , Paperback

Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne

Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne

Regular price R 0
Regular price Sale price R 0
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Wie het al gehoor van Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne? Vir diegene wat onbekend is met die omgewing van Harrismith, Warden en Memel in die Noordoos-Vrystaat sal hierdie name waarskynlik nuut wees.

’n Klein Vrystaatse dorpie soos Verkeerdevlei is meer bekend onder Suid-Afrikaners; nie omdat hulle die plekkie al besoek het nie maar omdat die tolplaza aan die N1-hoofweg buite Bloemfontein na die dorp vernoem is: Verkeerdevlei-tolplaza! Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne tel onder talle mikrodorpies of nedersettings wat ’n wesentlike deel van die pioniers-en ontwikkelingsgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse platteland vorm. Navorsers wat gereeld die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek raadpleeg sal weet dat talle bekende Suid-Afrikaanse sakemense en politici nie in groot stede grootgeword het nie, maar op klein dorpies.

Dikwels het hulle in ’n enkelvertrekskoolgeboutjie met ’n buitetoilet skoolgegaan waar Meester die “alles-in-een” was wat ’n sleutelrol in die leerlinge se vormingsjare gespeel het. Moontlik is die saad vir groot idees en drome wat later gestalte gekry het, juis dáár geplant.

View full details