ISBN: 9780639749426 | Published: September 1, 2025 | Paperback
Afskop na Liefde
Afskop na Liefde
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Sy wil méér as 'n plaasvervanger wees.
Hy is gewoond aan aanhangers - maar soek nou iets eg.
Haar stilte trek hom in, haar hart hou hom terug.
Sal trots plek maak vir iets dieper?
Die vurige skrumskakel van die Jacaranda Braves, Mika Krige, reageer briljant op die spel wat voor haar ontvou. Haar persoonlike spelplan word egter keer op keer ontspoor deur haar gewelddadige stiefbroer se dreigemente en haar vrees om te misluk.
Tiaan Morkel, die sjarmante Buffalo-heelagter met 'n reputasie om chaos met sy opinies te ontketen, bied aan om met haar boks-skoppe te help. Mika wys dit van die hand — sy het genoeg om mee te worstel. Maar desperate tye vra vreemde vennote, en sy het dalk meer as net sy skopadvies nodig.
Tussen oefensessies, harde waarhede en 'n paar vonke op en langs die veld, kom Mika agter daar's meer aan Tiaan as net sy groot mond en breë skouers. Daar is dalk ook meer in haar as wat sy self besef het.
Toe stiefbroer James weer opduik en dinge gevaarlik raak, moet Tiaan kies of hy net 'n toeskouer gaan bly, en of hy langs Mika wil speel tot die laaste minuut.
Afskop na Liefde is 'n sportromanse met humor, hart en genoeg hitte om selfs die styfste litte los te maak. Elke afskop hou 'n nuwe geleentheid in — ook in die liefde. Om dit prakties toe te pas, is makliker gesê as gedaan.
Author Elsabe Welman
Share
