Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639769790 | Published: April 22, 2025 |

Mensig

Mensig

Regular price R 150
Regular price Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hierdie bundel bevat 'n handvol nagelate gedigte van die digter Leon Strydom.
Die titel is sowel 'n uitroep (mensig!) en 'n verwysing na die aard van menswees. Die kunswerk van Nel Erasmus aktiveer iets van menswees: die DNS en die unieke kwashaal vinnig …

Dalk ook hoe kortstondig die lewe is?

In die slotvers lees ons:
hierna
hierna is en bly dit ideaal
bra uitdruklik jy weet sonder taal
ons wissel woorde los en vas
sonder om te blik of te bloos soos vers
en kapittel momenteel dit gelas
wil jy glo nou met die end in sig
die geheel al 'n knop in die keel dra
die momentum van sinne jou buitenissig
in die heelseggende stilte hierna

Die dood beskryf as 'n “heelseggende stilte” waar jy buitenissig verkeer, sonder sintuie (sinne) of woorde.
En dis hierdie dubbelpraat wat 'n mens in die verse deurgaans aantref. Implikasie, subteks en toespelings is kenmerkend van die hermetiese verse in hierdie bundel. - JOAN HAMBIDGE - VERSINDABA

Author Leon Strydom

View full details