ISBN: 9780639799599 | Published: June 20, 2024 |
Noord van Malelane
Noord van Malelane
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Hennie Nortje is ‘n fyn waarnemer van mens en dier. As gereelde besoeker aan die Krugerwildtuin sien hy menslike gedrag by diere en andersom. Hy verwoord wat hy sien op ’n speelse en vernuftige wyse. In die tradisie van A.G. Visser word die leser vermaak en dikwels verras deur verskuilde diepsinnighede. Sy virtuose omgang met die taal en aweregse blik maak van hierdie versameling verse ’n boeiende en onvergeetlike leeservaring.
Trekvoël
As koue fronte dreig om te vermoei
raak ek weer trekvoël, ’n somerbesoeker
om hier in die laagtes oor als wat waarlik
saak maak, so sonnig te kom broei.
Author Hennie Nortjé
Share
