ISBN: 9780639911014 | Published: June 6, 2019 |
Dieretuin
Dieretuin
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
KAN HY VAN DIE DONKER ONTSNAP?
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin en die mense wat daar bly:
• Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig
• haar seun Leo met sy liefde vir geweld
• en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.
Maxie Tredouxis is Carl se tannie, die weduwee-matriarg van die huis en die meesterbrein agter die familie-fortuin. Sy beheer ook alles wat in die kelder van hulle spoghuis in Durbanville plaasvind; dié huis wat bekend is as Die dieretuin.
Carl en sy jonger broer, Robbie, het by hul ryk tante en oom gaan bly ná die wrede plaasmoord op hul ouers. Soos Carl grootword, ontdek hy hoe hulle werklik hul geld maak. Hy verlaat skool en gaan vir 'n aantal jaar weg, maar sy skuldgevoelens wat wentel om sy broer wat steeds in Die Dieretuin woon, dwing hom om terug te keer met die hoop om Robbie te red. Robbie is nou ook klaar met skool en tot Carl se ontsteltenis werk hy ook vir die Tredouxs; Robby het boonop verlief geraak op hul rebelse dogter Mandie.
Skokkende geheime word blootgestel wanner Carl probeer om Robbie red.
Dit is 'n baie donker roman met 'n hele aantal skokkende wendings en word beslis nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as Feeding Time (ISBN 9780639911021).
Author François Bloemhof
Share
