Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795706936 | Published: October 1, 2014 |

Buys (11)

Buys (11)

Author:RAPPORT100
Regular price R 89
Regular price R 380 Sale price R 89
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 11

Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Van die Langkloof swerf Buys - oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer - deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Hy bly anderkant die Vis by Xhosa-opperhoof Ngqika, wat soos sy seun is. Hy bly by die Tamboekies; in die republiek van Graaff-Reinet; op die trekpad. Oral trek hy saam met en sonder Maria, Nombini, Elizabeth en ander vroue. Oral verwek hy kinders; oral sluit ander rowers en weglopers by hom aan - 'n ganske Buysvolk. Hy sterf teen die oewer van die Limpopo. Maar Buys is nie dood nie.

Author Willem Anker

Author RAPPORT100

View full details