Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795709036 | Published: August 12, 2019 | Paperback

Die Wolkversamelaars

Die Wolkversamelaars

Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die laaste wens van 'n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit - die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro's tuis, 'n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro's ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate - 'n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net 'n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Author Nadia de Kock

View full details