ISBN: 9780795709692 | Published: July 9, 2020 | Paperback
Tweegevreet
Tweegevreet
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
BOEK 2
Mense hou valse gesigte voor. Wraak het verskillende gedaantes.
Wanneer Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei ingeroep word om die dood van 'n boer in die Hochnamibdistrik te ondersoek, het hy geen rede om te vermoed dat moord die oorsaak is nie. In 1905 in Duits-Suidwes-Afrika is 'n aanval deur 'n wilde dier nie ongehoord nie en te oordeel na die merke aan die lyk was dít die man se lot. Maar dan ontdek Siegfried daar naby 'n luiperdkarkas waarvan die voorpote afgesny is . . .
Terwyl Siegfried die saak ondersoek, kry hy ook te make met spoke uit sy verlede en 'n Berlynse besoeker wat 'n dodelike wrok koester. Boonop worstel hy met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. Kan hy dit alles te bowe kom en geregtigheid laat seëvier?
Soos in sy voorganger, Die vertes in, word gewigtige tematiek subtiel in Tweegevreet se boeiende spanningslyne verweef.
Author Zirk van den Berg
Author Siegfried Trilogie
Share
