ISBN: 9780795710070 | Published: February 8, 2021 | Paperback
Swatland
Swatland
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
*** WENNER 2022 UJ-DEBUUTPRYS ***
***WENNER 2022 SALA POETRY AWARD***
Die verhalende gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap in dié gebied gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die Swartlandse streek weerklink. Ashwin Arendse gebruik op vernuwende wyse die geromaniseerde ghayn-simbool om die bry-klank skriftelik in sy debuutbundel uit te beeld.
Die digter is 'n fyn waarnemer wat ruimtes en karakters met raak beskrywings verbeeld. 'n Rugbyderby, 'n krieketwedstryd tussen laerskoolkinders, 'n pa-en-seun-kamp en 'n besoek aan die openbare swembad word onder meer vars aangebied deur die skep van verrassende kontraste en vergelykings. Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer. Hou hierdie nuwe digter dop!
Die Swatland hette way om temperature te gan ytgrawe
watte coloured familie lat kaalgat gondstap innie hys
soes Scandinavians wat inne commune bly
Author Ashwin Arendse
Share
