Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795710605 | Published: August 19, 2022 | Paperback

Buit

Buit

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, 'n kleindorpse joernalis, is dit 'n kans om eindelik 'n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van 'n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna. Sy hoop om 'n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie. Gou bevind Phoebe haar in die middel van 'n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en -erger nog - 'n bloeddorstige reeksmoordenaar.

Oor die skrywer: Dibi Breytenbach is 'n skrywer van KwaZulu-Natal. Sy werk in die strafregstelsel, veral met kindersake. Ses spanningsromans is reeds op haar kerfstok: Saliger, Vrediger, Heiliger, Dowe gode, Blinde gode en Stom gode. Buit is haar sewende roman.
Reklame

View full details