Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795710728 | Published: April 28, 2023 | Paperback

Nou in infrarooi

Nou in infrarooi

Author:Tom Dreyer
Regular price R 265
Regular price Sale price R 265
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Fisika, die metafisiese, en soms selfs wetenskapfiksie word onder meer verweef in die bekroonde skrywer Tom Dreyer se debuutbundel, Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie.
Die gedigte begin in die konkrete. Met fyn waarneming word bestaande plekke - sommige naby en ander ver - taktiel uitgebeeld. Dit is veral waar in die vele reisgedigte en natuurgedigte. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, 'n soeke na waar jy hoort, en van die mens se nietigheid binne die onmeetbare ruimtelike bestel. Ook verlange, weemoed en liefde word in hierdie bundel verken.
Die eerlike, ontroerende liefdesgedigte, ontdaan aan sentiment, tel onder die bundel se vele hoogtepunte. Dit is 'n poëtika gekenmerk deur die evokatiewe gebruik van klank, en die keuse van die presiese resonante woord. 'n Bundel waarmee Dreyer hom onomwonde as digter vestig.

Author Tom Dreyer

View full details