Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795801686 | Published: June 25, 2018 |

Liefde in die tyd van die internet

Liefde in die tyd van die internet

Regular price R 300
Regular price Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut.
Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou - met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan.
Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, 'n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy't dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van 'n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . .
In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.

View full details