Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795801808 | Published: July 3, 2018 |

Dubbelspiraal

Dubbelspiraal

Regular price R 370
Regular price Sale price R 370
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

“Ons kon vriende gewees het,” besluit Koos Jooste toe hy Xolisa Ndlela in die nadraai van die 1994-verkiesing ná 'n reis padlangs by Cofimvaba aflaai. In anderhalf dag het hulle aspekte van mekaar ontdek wat nie een van die ander vermoed het nie, soos Ndlela se ervaringe in Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe elkeen oor die toekoms voel.
Van die Soweto-oproer in 1976 tot die munisipale verkiesings veertig jaar later kruis die paaie van hierdie twee Suid-Afrikaners telkens tydens sleuteloomblikke in die land se geskiedenis. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe, en Dubbelspiraal fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander.
In die loop van die verhaal word die leser gevoer van Grahamstad na Soweto, van Amsterdam na Parys, van Cassinga na Boipatong, en van Mtubatuba na Bettysbaai. Ons leer Jooste nie net as geheime agent in die vreemde ken nie, maar ook as mens, wat persoonlike tragedie moet verwerk, in 'n wankelende wêreld vastigheid soek, en sukkel met begrippe soos patriotisme en lojaliteit. En wat kan een mens doen om die euwels van die nuwe heersers se korrupsie te bestry?
Dis onder meer Jooste verhouding met, en gevoelens oor, die enigmatiese Ndlela wat die leser in dié indrukwekkende, veelvlakkige, deeglik nagevorsde roman boei. Maar dit gaan oor veel meer as net die lotgevalle van twee individue. Die leser ervaar ook die veranderde waardes in die land as geheel, want dit is geskiedenis wat aan die bod is - geskiedenis van binne-uit.
Dubbelspiraal verdien 'n plek op die boekrak van alle lesers wat hulle graag in die kompleksiteite van ons land se hede en onmiddellike verlede verdiep.

Author André Jansen

View full details