Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795802072 | Published: May 14, 2019 | Paperback

Donatello en Volksie

Donatello en Volksie

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji's met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.
Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar - sonder selfs 'n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë 'n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, 'n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het 'n konserwatiewe metro-man en 'n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van 'n gay boesembuddie en 'n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?

View full details