Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795802102 | Published: August 30, 2019 | Paperback

Sushi en shosholoza

Sushi en shosholoza

Regular price R 370
Regular price R 0 Sale price R 370
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Spaanse Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, skiet Erns Grundling en 'n klein TV-span 'n nuwe reeks - dié keer in Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker in 2019 en die Olimpiese Spele in 2020 plaasvind.

Sushi en shosholoza is Erns se verslag oor hierdie reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers (en sendelinge) in Japan - ook met Dan Carter én Jake White - kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van 'n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg tot vandag se Erns wat in sy Brave Blossoms-trui stomgeslaan sit en kyk hoe Japan nou éintlik 'n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Hy vier ook Halloween in Osaka, drink groentee in Kyoto en raak stil in Hiroshima se Vredespark.

Kom stap nog 'n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners in 2019 die Bokke gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

View full details