Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795802140 | Published: July 1, 2020 | Paperback

Merk

Merk

Regular price R 365
Regular price R 0 Sale price R 365
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusapedofielsaak, en sy hartaanval. Die talle noue ontkomings in sy polisieloopbaan van ses-en-dertig jaar het by hom bly spook.
Maar ses maande by die huis bring perspektief: Hy is 'n speurder in murg en been.
Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om 'n reeksverkragter vas te trek - een wat sy slagoffers met 'n brandyster merk, soos boere met hul vee.
Die saak kry 'n nog grusamer kinkel toe een van die slagoffers wreed vermoor word.
Kassie en die kriminele profileerder wat aan hul eenheid toegewys word, stamp boonop koppe.
Is die verkragter die man wat deur sy kennisse beskryf word as “'n weerwolf met die sperm van 'n wildehond”? Of lê die antwoord by
die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers inbrand?

View full details