Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795802294 | Published: August 18, 2020 | Paperback

Bruidzilla

Bruidzilla

Regular price R 310
Regular price R 0 Sale price R 310
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Tillie het 'n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor 'n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar's nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.
Maar uhm… Sy't nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!

Eensklaps is Tillie in 'n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milanka­bestellings: reënbooghoringperde, en 'n Alice in Wonderland­tema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!

Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster­mondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom - en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?

View full details