Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795802645 | Published: July 26, 2023 | Paperback

Deelfontein

Deelfontein

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In Maart 1900 reis die jong Engelse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by 'n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Wat aanvanklik na 'n eksotiese avontuur klink en 'n geleentheid om sy splinternuwe Brownie-kamera op die proef te stel, verander spoedig in 'n uitdaging van 'n ander aard. Die ellende van Britse soldate en Boerekrygers tref hom hard en die Britse owerhede se aggresiewe oorlogsbeleid maak hom toenemend ongemaklik. En daar is Klara Grootboom, 'n skoonmaker by die hospitaal, wat hom onkant vang met 'n ongewone versoek. Dit wat sy van hom vra, druis teen al sy persoonlike en professionele beginsels in, maar dis asof sy hom in 'n vangnet van haar eie het.
Meer as 'n honderd jaar later skep 'n opkomende Kaapse kunstenaar 'n uitstalling uit Deelfontein se gegewens om sin te maak van haar herkoms en die rol wat kuns kan speel om die impak van magsmisbruik teen te werk. In die proses ontdek sy 'n onverwagse familieband . . .
Van die Karoo na Shangai in die vroee negentienhonderds en terug na die hedendaagse Suid-Afrika en Londen, boei hierdie roerende roman die leser enduit.

View full details