ISBN: 9780795802850 | Published: June 12, 2025 | Soft Cover
Bloed van 'n Vlinder
Bloed van 'n Vlinder
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Blou vlinders dans op die lug om die meisie asof sy hulle koningin is, asof sy een van hulle is.
Wanneer suster Libby Lucas na Suid-Afrika terugkeer uit die Kongo waar sy vir Dokters Sonder Grense gewerk het, kan sy nie wag om nuut te begin nie. Sy het vir eers genoeg van die donker kant van die lewe ervaar en is gereed om al haar geheime agter te laat.
Maar kort ná sy by Noordeberg Hospitaal in die Kaap begin werk, word 'n verpleegster vermoor - haar lyk is boonop op 'n bisarre manier gerangskik en uitgestal.
Skielik voel dit weer asof onheil Libby agtervolg waar sy ook al gaan. Of begin sy nou om haar verstand te verloor?
Loop die moordenaar dalk tussen hulle in die hospitaalgange rond? En wie stuur die dreigbriewe aan Libby wat dit duidelik maak: Sy kan nie die geheime uit haar verlede ontsnap nie?
Author Marieta Carrick
Share
