ISBN: 9780795803000 | Published: September 29, 2025 | Paperback
Eleksie op Erdvark
Eleksie op Erdvark
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar hy sonder moderne tegnologie moet klaarkom. Met die naderende munisipale eleksie neem sy probleme net toe.
Burgemeester en sakeman Duimpie du Plooy dreig om sy advertensies uit die koerant te onttrek as Soois iets oor die verkiesing skryf waarmee hy nie tevrede is nie.
Soois moet 'n koorddans uitvoer tussen eerlike joernalistiek en beriggewing wat nie op tone trap nie. Geensins 'n maklike taak nie, want vir die eerste keer in 'n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan en is daar talle strydpunte.
Die regerende party is onder meer vurige kampvegters vir die behoud van kleinhuisies terwyl die opposisie spoeltoilette op die dorp wil laat installeer.
Wanneer 'n horingadder in 'n kleinhuisie sy tande in 'n kwesbare deel van 'n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik!
Author Rudie van Rensburg
Share
