ISBN: 9780795803109 | Published: September 15, 2025 | Soft Cover
Sarah plus een
Sarah plus een
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Haar bloedrooi haarkleur kom uit `n boksie, sy dra onpaar oorbelle en fênsie tekkies sonder veters. Sy is `n weduwee, maar allermins eensaam. Sy boer op die internet en praat sommer met haar plante of haar geliefde kleinseun wanneer hy kom kuier.
Waarmee Sarah nie rekening gehou het nie, is dat sy in die stadium van haar lewe `m metgesel sou nodig kry. Dit is nou wat die uitnodiging na haar vyf-en-vyftigste martriekreunie skielik van haar vra. `n Plus - een - wat sy waar op aarde moet vind?
Boonop moet die oues van dae na hul grootworddorp toe piekel vir die makietie. Sarah weet nou al dit gaan net ou wonde oopkrap oor die rampspoedige gebeure op die rugbyveld destyds en oor die beskuldigings teen haar pa, die burgemeester, wat hy nooit wou weerle nie.
Om als te kroon kom die uitnodiging van daardie hartevertrapper Franco Fourie af! Sal Sarah hom na al die jare weer in die oe kan kyk?
Author Kristel Loots
Share
