Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795803239 | Published: April 26, 2026 | Soft Cover

Die Serwiër

Die Serwiër

Regular price R 297
Regular price R 330 Sale price R 297
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

In 'n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit is ten minste iets.

'n Serwiese geheime agent wat 'n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was hulle hande - dit was 'n gewone straatroof; die skuldiges is onbekend.

Die Serwiese geheime diens, 'n organisasie met 'n reputasie vir vergelding, koop dit nie; hulle stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel.

Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke . . . en dan raak dit persoonlik. Nou word die spoor 'n bloedspoor.

Die bekroonde skrywer Carel van der Merwe se Die Serwiër lig die sluier op Suid-Afrika se verstrengelde kriminele en politieke onderwêreld.

View full details