ISBN: 9780795803376 | Published: June 24, 2026 | Paperback
My skaduwee loop los
My skaduwee loop los
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
“Dis so onthutsend as om agter te kom dat die skaduwee wat nog altyd aan my voete gekluister was, hom losgeruk het en nou elders dwaal, op vrye voet.”
Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy 'n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue.
Dit lei tot 'n speurtog wat hom na uiteenlopende mense op sy broer se lewenspad neem—elkeen met 'n verrassende storie om te vertel. Gou begin 'n prentjie vorm van iemand wat heel anders is as André self, al word hy tydens sy soektog voortdurend vir sy broer aangesien.
Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.
My skaduwee loop los is 'n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is, en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?
Author Zirk van den Berg
Share
