Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780795803444 | Published: May 22, 2026 | Soft Cover

Die vrou met nege lewens

Die vrou met nege lewens

Regular price R 288
Regular price R 320 Sale price R 288
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'Dit voel asof die see my elke dag red. Asof sy my uit die greep van my angstigheid ruk. Die skok van haar koue omhelsing slaan my asem weg. Dit laat die lewe in my ontspring, laat slapende selle ontwaak, was die grou as van die nag vroegoggend met yskoue soutwater af. Niks is teen haar bestand nie. In die see tref die geweld en die skoonheid van die lewe jou, alles op een slag'.

'n Vrou op die drumpel van sestig met 'n kwynende loopbaan, sukkelende liefdesverhouding en 'n jongste kind wat binnekort die huis gaan verlaat, bevind haar by 'n kruispad.

Wat en waarheen nou? Wat is die betekenis en doel van haar lewe, en is daar hoegenaamd so iets?
Haar soektog neem haar na nuwe en onverwagse plekke. en word dan deur 'n gevreesde siekte op die spits gedryf..

Die vrou met nege lewens is 'n openhartige roman uit die pen van 'n fyn stílis.

Debbie Loots is die skrywer van Split wat in 2016 met die ATKV-prosaprys bekroon is.

Author Debbie Loots

 

View full details