ISBN: 9780796110008 | Published: December 13, 2023 |
Sandskrif
Sandskrif
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die Namibiese landskap en mense van die land figureer deurgaans in Kobus Lombard se sesde digbundel. Reeds in die openingsgedig staan die sterflikheid en kortstondigheid van die menslike lewe teenoor die grootse, onveranderlike woestyn, die see en die taai plantegroei. Die digter tree in gesprek met God, met sy aanneem- en pleegouers, sy gesinslede, die inheemse mense van die land én met homself. Woorde bied beskerming teen die koue, donker en honger en dors van die aardse bestaan. Selfs die digterlike woorde is soms net “'n gevlekte lys/van gedane sake/sonder keer”, maar die digter weet ook dat taal die enigste instrument is waarmee die mens die geheimenis van sy eie geboorte en lewe op aarde “oop kan sê”. Lombard se poësie is oënskynlik eenvoudig en deursigtig, maar met 'n kenmerkende ironiese blik op die mense en wêreld om hom, en veral ook op die self. Daardeur wen sy gedigte aan insig in die menslike kondisie en die voortdurende soeke na die betekenis van die kort menslike lewe in die grootse skepping.
Sandskrif is Lombard se sesde digbundel.
Author Kobus Lombard
Share
