Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796136961 | Published: November 1, 2023 |

Zani-Beer en Klein-Maggie se seevakansie

Zani-Beer en Klein-Maggie se seevakansie

Author:Irene Nel
Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Zani-beer en Klein-Maggie se seevakansie is die derde in die Zani-beer-kinderboekreeks, ná die gewilde Die wysheid van Zanibeer (2022) en Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin (2023). Dié keer kuier Zani, ’n wollerige troetelbeertjie, en Klein-Maggie, Boetie-Koen, Mamma-Maggie en Pappa-Dirk saam met hul familie in dié gesin se strandhuis. Tydens hul besoek aan die kus sien hulle die wonderlikste diere … robbe, dolfyne, pelikane en pikkewyne in die see, en pylsterte, haaie en seeskilpaaie in die akwarium. Hulle ry saam op Kaptein Kobus se boot, vang vis, maak die strand skoon, leer van vuurtorings en laat vlieërs vlieg. Zani is nie sommer ’n gewone speelgoedbeer nie; sy is Klein-Maggie se heel beste maatjie wat haar meer oor die wonder van oseane en van die natuurlewe onderwater leer.

Author Irene Nel

View full details