Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796149961 | Published: June 20, 2024 |

Lugspieëling

Lugspieëling

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Maletta Fourie is ’n fyn waarnemer – van plante en diere, van haar medemens, haar naastes en haar geliefdes. In haar gedigte verbeeld sy haar interaksie met gebeure, mense en die natuur, maar ook met dit wat in haar eie psige afspeel. Sy bepeins die verlede, die vreugdevolle sowel as hartseer ervarings, en sy verwonder haar oor die toekoms. Wat haar digkuns so aantreklik maak, is haar humorsin wat plek-plek deurskemer, dat sy haarself nooit in ’n te ernstige lig beskou nie.
*by benadering
ek verwonder my
aan ’n by
wat op fyn stingeltjies
wipplank ry
of is dit die stingel
wat van vreugde dans
weens hierdie
oorlewingskans

View full details