Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796153029 | Published: March 20, 2024 |

Skuilplek vir die liefde

Skuilplek vir die liefde

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Lieze word deur die polisie by 'n hotel aan die kus versteek omdat sy die leier van 'n transitoroofbende kan uitken.
“Maak jouself onsigbaar. Moenie aandag trek nie. Daar is nie tyd om jou te leer om jouself te verdedig nie. Die beste plan is om in 'n verkleurmannetjie te verander en met die agtergrond saam te smelt.” Dit was die laaste woorde van die polisieluitenant voordat die ligte vliegtuig naby die strandhotel opgestyg en bokant die bome weggeraak het.
Barry is die man met die lang, blonde hare wat moet toesien dat almal op die terrein veilig is, maar daar is iets omtrent hom wat Lieze pla. As sy haar rug draai, is hy daar en dit dra by tot haar vermoede dat daar dalk tóg iemand is wat weet wie sy is en moontlik net wag vir 'n geleentheid om haar stil te maak.

View full details