Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796153739 | Published: June 1, 2024 |

Die stories van Sleepslurp, Kortkop en Stompstert

Die stories van Sleepslurp, Kortkop en Stompstert

Illustrator:Ronell Lareman
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Ontmoet Sleepslurp die Olifant, Kortkop die Kameelperd en Stompstert die Luiperd, drie diertjies wat baie anders as hul maats lyk en dikwels oor hul ongewone eienskappe gespot word. Die stories van dié drie kreatuurtjies word in versvorm vertel. In elke gedig sien ons hoe hul ongewoonheid aanvanklik vir hulle hartseer, skaamte of honger veroorsaak, maar hulle besef mettertyd dat hierdie “swak” eienskappe hulle juis uniek en interessant maak. Lesertjies leer só om hulself te aanvaar, en ontdek tussendeur sommer ook interessante feite oor die natuur. Vir kinders van 3 tot 7 jaar. Ideaal vir voorlees en dramatisering.

Oor Molly Lubbinge
Molly Lubbinge is ’n veearts van Nelspruit in die pragtige Laeveld. Sy het in 2022 ’n skryfkursus vir kinderboeke by Skryfgeheime Skryfskool voltooi en was in 2021-2022 betrokke by ’n vertalingsprojek van kinderboeke onder leiding van Oxford University Press, waar oorspronklike Zulu- en Xhosa-boeke vir skoolsillabusse in Afrikaans herskryf is. Sy is ’n gepubliseerde digter, en van haar werk het onder meer verskyn in Maskers en mure (Turksvy, 2021).

Author Molly Lubbinge

Illustrator Ronell Lareman

View full details