ISBN: 9780796156273 | Published: February 20, 2025 | Paperback
Die lewe is 'n plek
Die lewe is 'n plek
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Alles gebeur iewers, en “iewers” het die naam “plek”. Byna sonder uitsondering is daar 'n noue interaksie tussen plek, karakters en gedrag. Die een beïnvloed die ander, en die verband tussen mense se persoonlikhede, hul optrede en die ruimte waar hulle hulle bevind, skakel altyd ineen. Dis hierdie gegewe wat soos 'n goue draad deur Die lewe is 'n plek, Estelle Brits se debuutbundel kortverhale, loop. Ons leer ken die jong vrou wat haar ma in 'n plakkershuisie versorg, die rykmansvrou wat 'n hotel as basis vir ontvlugting benut, die bejaarde man wat op soek is na sy plasie van weleer, die ouma wie se woonstel as 'n adres vir donker dinge dien, die alkoholis wat nie kan ontsnap van die huis van haar jeug nie, die alleenvrou langs wie daar skielik 'n leë sitplek op 'n vliegtuig ontstaan, die huishulp wat haar volwaardige, gerespekteerde plek in die lewe ontdek …
In hierdie bundel ontmoet lesers karakters wat aan hulle bekend sal wees … maar die kans is goed dat hulle plek-plek hulself sal herken.
Author Estelle Brits
Share
