ISBN: 9780796164711 | Published: September 16, 2024 | Paperback
Wenpad van die liefde
Wenpad van die liefde
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Dené se onderwysstudies is agter die rug en sy doen aansoek vir 'n pos by haar alma mater.
Sy word egter aan die begin van die onderhoud al daaraan herinner dat sy en 'n personeellid mos in haar matriekjaar 'n verhouding gehad het. Sy kan onthou dat daar sulke gerugte was, maar dit raak duidelik dat die jong onderwyser voor 'n tugkomitee moes verduidelik wat tussen hulle gebeur het.
Dit is die eerste skok in 'n lys van vele wat haar laat twyfel of 'n beroep in die onderwys die regte besluit was. Die werksdruk met haar daaglikse naskoolse pligte maak dit moeilik as sy boonop nie tyd kry om vir padwedlope te oefen nie.
Dan is daar ook 'n meisie wat gedurig aan die aantreklike atletiekafrigter hang en almal met vyandige kyke van hom af weghou. 'n Nuwe vriendin help darem om deur meeste van die eerste kwartaal se slaggate te kom, maar dit is soveel anders as wat sy haarself voorgestel het.
Nee, skoolhou is nie lekker nie.
Author Johan de Nysschen
Share
