Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796193957 | Published: October 30, 2024 | Paperback

Stryd van die reuse

Stryd van die reuse

Regular price R 79
Regular price R 250 Sale price R 79
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Elkeen van ons het 'n rugbystorie. In Die Stryd van die Reuse vertel Michael Green 'n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe 'n fotograaf 'n “kannibaal-foto” wou neem.
In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Theba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is 'n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor 'n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Pieter Nel vertel hoe hy 'n besering opgedoen het terwyl hy op die veld gedraf het vir die Curriebeker-eindstryd en Green vertel self hoe die voormalige bokser Kallie Knoetze hom op die rugbyveld verniel het. Dis maar net 'n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.

Author Michael Green

View full details