Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780796316189 | Published: August 1, 2013 |

Op die spoor van hoop: Joernalistieke gesprekke en gedagtes oor die uitdaging van menswees

Op die spoor van hoop: Joernalistieke gesprekke en gedagtes oor die uitdaging van menswees

Regular price R 185
Regular price R 0 Sale price R 185
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

"Somtyds kry die lewe jou onder. Somtyds wonder jy waar op aarde mens moet begin om dinge te verander as daar soveel dinge verkeerd is. Miskien sukkel jy dan, soos ander, om steeds die ligpuntjie te sien. Steeds te hoop. Steeds jou oë gevestig te hou op die Een wat van beter weet.
Vryskutjoernalis Jacqueline Leuvennink is deeglik bewus van die hartseer en die tragedies in die wêreld. Sy weet, want sy moes berig lewer daaroor. Maar tussenin al die hartseer is daar 'n paar gesprekke met bekendes wat sy kan uitsonder. Groot geeste wat te midde van wanhoop nadat hulle 'n kind of 'n geliefde verloor het, of in 'n land van misdaad en armoede leef, steeds hulle koppe omhoog hou en kan glo: dat alles vir 'n rede gebeur en dat hulle troos kan vind in die Redder.
Hierdie boek is 'n keur uit Jacqueline se rubrieke en onderhoude met prominente én minder bekende Suid-Afrikaners waarin sy probeer om iets van die hoop wat in haar en ander leef, deur te gee. Lees die verhale van mense soos Chris Barnard, Francois Coetzee, Jeanne Els, Stef Bos, Leon Schuster, Elsa Joubert, Helen Zille, Desmond Tutu, Hansie Cronjé, Margaret Bakkes, Irma Joubert, Tanya Fourie, Annalise Wiid en Huberte Rupert wat te midde van ongeluk steeds vol bewondering vir die die grootheid van God kan wees. Dit gaan ook oor hoe een joernalis in haar geloof groei danksy die inspirerende gesprekke met en ervarings van ander."

View full details