ISBN: 9780796323422 | Published: July 31, 2024 | Paperback
Lekkergoed vir die lewe
Lekkergoed vir die lewe
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en daaglikse gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie 'n noemenswaardige, positiewe verskil in 'n mens se lewe maak nie. Hoe kan 'n mens dan in 'n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg?
Deur 'n ware konneksie met die Here te maak en die werking van sy Heilige Gees eerstehands te begin ervaar. Dit help jou om anders te begin reageer in situasies wat vroeër 'n sneller vir jou kort lont sou wees.
In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan doodgewone alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar: van die trapmeul by die werk tot die verantwoordelikhede by die huis tot die glasskerwe op jou lewenspad. Die boek is ook daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek en in te oefen. Dit sal jou bemoedig om geestelik sterker te word sodat jy as gelowige staande kan bly in ongekende moeilike tye in ons land.
Author Susan Coetzer
Share
