ISBN: 9780796323460 | Published: April 19, 2024 | Paperback
Droomhuis vir Kristie
Droomhuis vir Kristie
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'n Vreemdeling by 'n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Sy kan dit nie met haar verloofde, Dirk, bespreek nie want hy is, soos gewoonlik, ietwat afwesig. Haar daaglikse take by die firma waar sy werksaam is, beleef nog 'n wending: Erik is 'n moeilike kliёnt. Ongelukkig is hy ook die aantreklike en onweerstaanbare tipe maar dit is niks wat 'n beginselvaste meisie soos Kristie nie kan weerstaan nie. Dirk se terugkeer van 'n sakereis dwing 'n ander vraag op die voorgrond: Is hy werklik die stabiele faktor in hulle verbintenis? Dis nie al nie. As Erik nog één wysiging aan haar argiteksplanne wil aanbring, bars sy in trane uit of vertel hom sy fortuin. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.
Author Elaine Marais
Share
